The tuin van Eden (Hebreeus: גַּן־עֵדֶן, gan-ʿḖḏen), ook die Paradys genoem, is die Bybelse "tuin van God" wat in Genesis en Esegiël beskryf word.[2][3] Genesis 13:10 verwys na die "tuin van God",[4] en die "bome van die godetuin Eden" word in Esegiël 31 genoem.[5][5] Ook Sagaria en die Psalms verwys na bome en water, sonder om Eden spesifiek te noem.[6]
Die naam kom van die Akkadiese edinnu, van ’n Sumeriese woord edin, wat beteken "vlakte" of "steppe"; dit is naby verwant aan ’n Aramese stam wat "vrugbaar, met baie water" beteken.[3] Nog ’n verklaring verbind die naam met ’n Hebreeuse woord vir "genot"; daarvolgens sou Genesis 2:8 se "tuin in Eden" vertaal kon word as "tuin van genot". Die Hebreeuse woord word as "genot" vertaal in Sara se gedagtes in Genesis 18:12.
Nes die verhaal van die Sondvloed, die Skepping en die toring van Babel in Genesis, het die verhaal van Eden elemente van die antieke Mesopotamiese mite van ’n koning, as die eerste man, wat in ’n goddelike tuin geplaas word om die boom van die lewe te bewaak.[7] Die Hebreeuse Bybel vertel van Adam en Eva wat nakend in die tuin van Eden rondloop vanweë hulle onskuld.[8]
Die ligging van Eden word in Genesis beskryf as die oorsprong van ’n rivier wat vier riviere geword het. Die meeste geleerdes beskou die tuin as mitologies.[9][10][11][12] Onder dié wat meen dit het werklik bestaan, is daar verskeie voorstelle oor sy ligging:[13] aan die Persiese Golf, in Suid-Mesopotamië (nou Irak), waar die Tigris- en Eufraatrivier in die see loop;[14] en in Armenië.[15][16][17]
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc1
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc2
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc5
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc4
<ref>
tag; no text was provided for refs named wilensky2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc7
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc8
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc10
<ref>
tag; no text was provided for refs named loc11